Monday, August 23, 2010

Die kinders van vandag het geen respek of maniere nie!

Die kinders van vandag het geen respek of maniere nie en dit maak my sommer vies!  As ek terug dink aan die " ou dae" het kinders respek gehad vir ouer mense en met respek geantwoord. Die kinders het hul tafels geken, en nie die sakrekenaars gegryp om uit te werk wat is 4x4!  Nou die dag in die klaskamer vra ek 'n seun van Gr. 4 : Armand wat is 4x4?  Armand antwoord ek is arm...(ek weet nie).  Die probleem begin by die ouers van vandag, die ouers moet nog steeds die moeite doen en hulle kinders na skool tafels leer. Ek dink 'n goeie pakslae sal hulle laat besef hoe belangrik tafels is.. Nie sielkunde gebruik nie (Inligting - dit werk nie regtig nie)...SĂȘ vir my watter manier dink jy moet ouers en onderwysers die kinders van vandag benader?