Monday, August 23, 2010

Die kinders van vandag het geen respek of maniere nie!

Die kinders van vandag het geen respek of maniere nie en dit maak my sommer vies!  As ek terug dink aan die " ou dae" het kinders respek gehad vir ouer mense en met respek geantwoord. Die kinders het hul tafels geken, en nie die sakrekenaars gegryp om uit te werk wat is 4x4!  Nou die dag in die klaskamer vra ek 'n seun van Gr. 4 : Armand wat is 4x4?  Armand antwoord ek is arm...(ek weet nie).  Die probleem begin by die ouers van vandag, die ouers moet nog steeds die moeite doen en hulle kinders na skool tafels leer. Ek dink 'n goeie pakslae sal hulle laat besef hoe belangrik tafels is.. Nie sielkunde gebruik nie (Inligting - dit werk nie regtig nie)...Sê vir my watter manier dink jy moet ouers en onderwysers die kinders van vandag benader?

4 comments:

  1. As 'n onderwyser sit ek met dieselfde probleem. Dit is regtig moeilik om leerlinge (van enige ouderdom deesdae) te dissiplineer!

    Dissipline begin tuis, en ek wens ouers wil dit besef en self ook iets doen, en nie van ons as onderwysers verwag om alles te doen nie!

    Soos 90% van onderwysers in S.A. wens ek ons mag dan en wan 'n hou uitdeel...

    M.F.

    ReplyDelete
  2. Die blog lyk great en is baie inliggewend! ek glo ook die dissipline probleem is een wat aangespreek moet word in die klas! dankie vir die goeie inligting en mooi blog!

    ReplyDelete
  3. Ek stem met *M*!!! 'n Hou elke nou en dan sal wonderlik wees! Mens voel so magteloos as jy voor in die klas staan en voel asof jy net geen beheer oor jou klas het nie.
    Ek se nou nie mens moet die kinders half dood slaan nie, maar 'n hou op die hand of gat sal werk...

    ReplyDelete
  4. Die respek van kinders vir ouer mense word afgebreek deur TV , musiek en maats. My kleinkind 13 bly by ons en dis nag, sy aanvaar nie NEE as 'n antwoord nie, en dit ontaard later in'n familie woorde oorlog. Pak slae help nie, starf help nie,Psigiaters help nie,wie het raad asb

    ReplyDelete